
RSG se gewilde Bekbasaar: Die reine wynheid kom kuier in die Boland! Onder leiding van Martelize Brinkbeloof hierdie program om feesgangers op ‘n intieme en insiggewende reis deur die ryk en diverse wêreld van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te neem. Die reine wynheid is meer as net ‘n program oor wyn; dit is ‘n viering van ons nasionale wynerfenis, wat strek van die historiese begin in 1659 tot die hedendaagse wyn-innoveerders.

Die Langtafel word weer onder die eike, tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat, gedek met feestelike kos, musiek en samesyn. Vanjaar is die sjef Mynhardt Joubert se spyskaart geïnspireer deur die feestema: Dis hoog tyd dat ons weer saam aan tafel mekaar in die oë kyk en die glase hoog lig op hierdie mooi lewe. Gaste ontvang ’n komplimentêre glas wyn of vonkelwyn by aankoms. Bespreek vroegtydig jou plek aan dié geliefde tafel. Ondersteun deur Stellenbosch-Wynroetes, Deli-Co, Fairview en Rijk Zwaan

By hierdie spesiale straatmakietie wat jaarliks gehou word, kan jy jou verlustig in ’n keurspel van kosstalletjies, druiwegenot, musiek, goeie wynversnitte en Bolandse gasvryheid. Kom skink ’n glasie op die kunste en goeie wyn! (wynglas en 12 wynproekoepons ingesluit) Geen o.18 (alkohol)

Discover the Dwarsrivier Valley through the lens of stories and photography. The experience begins at the Le Pommier wine estate, after which transport takes guests to the Dwarsrivier information centre for the start of a walk through Pniel, Johannesdal and Kylemore. The route ends back at Le Pommier with a light lunch. Refreshments are included along the way. Supported by Visit Stellenbosch Please note: The shuttle service do not opperate on this route, please use your own transport.

In hierdie sessie word die wonderlike wêreld van witwyn verken en hoe elke kultivar – van vars sauvignon blanc tot ryk chardonnay en geliefde chenin blanc – sy eie persoonlikheid in die glas wys. Leer, proe, spoeg of sluk… Die Woordfees-wynskool is ’n gesellige ervaring sonder enige snobisme. Verwag interessante gesprekke oor kultivars, verskillende style en geheime uit die kelder, maar ook heelwat lag, verrassende stories en natuurlik uitstekende wyn. Drie unieke klasse word aangebied deur wynmakers en wynpersoonlikhede saam met die omroeper Martelize Brink, wat sorg vir ’n lekker mengsel van kennis, humor en goeie wyngeselskap.

’n Vonkelende kennismaking met die wêreld van bubbly. Leer meer oor Cap Classique, vonkelwynstyle, borrels in jou glas en hoekom sommige wyne net beter sprankel as ander. Die Woordfees-wynskool is ’n gesellige en ontspanne ervaring sonder enige snobisme. Verwag interessante gesprekke oor enigiets van kultivars en style tot geheime uit die kelders, maar ook heelwat lag, verrassende stories en natuurlik uitstekende wyn. Drie unieke klasse word aangebied deur wynmakers en wynpersoonlikhede saam met die omroeper Martelize Brink.

In samewerking met die Stellenbosch Cabernet Collective ontdek ons waarom Stellenbosch wêreldbekend is vir sy cabernet sauvignon. Proe verskillende style en leer meer oor die koning van rooiwynkultivars. Verwag interessante gesprekke oor enigiets van kultivars en style tot geheime uit die kelders, maar ook heelwat lag, verrassende stories en natuurlik uitstekende wyn. Drie unieke klasse word aangebied deur wynmakers en wynpersoonlikhede saam met Martelize Brink.




